’n Versameling stories oor rugby, die lewe en allerhande ander dinge wat jou sal laat lag, ontroer en opkikker, deur een van Suid-Afrika se ware rugbylegendes …
Theuns Stofberg se glorieryke rugbyloopbaan het van 1976 tot 1985 geduur, en hy word in die algemeen beskou as een van die grootste Springbokke ooit.